Oor ons

Die Digitale Mediese Opvoedkunde Internasionale Samewerking in Suid-Afrika (Digital MEdIC SA) is ‘n inisiatief van die Stanford Sentrum vir Gesondheidsopvoeding en die Stanford Skool vir Geneeskunde. Ons is ‘n klein span van gesondheidsopvoeders, illustreerders, rolprentmakers en digitale media spesialiste. Ons werk saam met plaaslike gemeenskapsklinieke, akademiese instellings en regeringsgesondheidsverteenwoordigers om die belangrikste gesondheidsonderwerpe in Suid-Afrika te identifiseer, en dan skep en lewer ons toeganklike, doelgerigte gesondheidsopvoeding aan enigiemand, enige plek, enige tyd. Al die inhoud wat ons skep, is vrylik beskikbaar vir die publiek en ons poog om ons gehoor te betrek deur middel van ryk visuele, verhale en onderhoude met Suid-Afrikaners wat hul eie stories en perspektiewe deel.

Die 100% Borsvoedinisiatief is die resultaat van ‘n samewerking tussen die Stanford Sentrum vir Gesondheidsopvoeding en talle plaaslike belanghebbendes, insluitend: Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit Stellenbosch, UNICEF, Philani Child Health and Nutrition, Die Universiteit van die Witswatersrand, Universiteit van Limpopo en die Eerste 1000 Dae-inisiatief.

Kom asseblief saam met ons en vier borsvoeding – die eerste keuse om Suid-Afrika se toekoms te voed.